My BLOED!!!!(en OMO)- ek kon glad nie werk van vanmiddag af nie soos julle my senuwees op hol gehad het met julle kortpaaie, dwaalpaaie, en, durf ek dit se, verdwaalpaaie. Ek wou met tye skreeu:” julle het verkeerde pad gevat”; ” julle is nou in ‘n doodloop paadjie”; ” as julle nou onmiddelik links(of regs) sal julle binne 300 meter weer die regte pad kry” en so aan. Ek het begin dink een van julle het die kompas in sy moer geval! Maar uiteindelik het julle die fiets eindpunt bereik en nou kan ek ook gaan rus. MOOI JULLE!!!!!